Iewers langs die pad het “oukei wees” ’n prestasie geword. ’n Skoon huis wanneer die gaste inkom. ’n Glimlag wanneer jy eintlik uitgeput is. Die perfekte antwoord op “hoe gaan dit?”, selfs wanneer dit glad nie waar is nie.
Perfeksie is uitputtend, en dit is ook oneerlik — teenoor jouself en teenoor almal wat dink hulle is die enigste een wat dit nie regkry nie.
Ons praat hieroor by Van Wasgoed tot Huisvrou nie om te oordeel nie, maar om die druk ’n bietjie te ontlont. Wanneer een vrou erken sy sukkel ook, voel die res van ons dadelik minder alleen.
Geen perfekte prentjies nie. Geen voorgee nie. Net regte mense en regte gesprekke.